Besoek. Ondek. Inspireer.
Laat die avontuurlustige in jou die onbekende ontdek.
Nuwe Ontdekking
-
DIE DONKIE IS STEEDS ‘N WONDERLIKE EN DANKBARE DING OOM CHRIS.
As jy en jou toerwa toevallig die grondpad vanaf Bathurst na Kleinemonde in die Oos-Kaap tref tydens jou sloertoer gaan jy verby twee werkwaardige plekke ry. Die een is die St Stephen’s Metodiste kerk (https://maps.app.goo.gl/z494sHxA4uUcZV9D7) , wat ‘n…
-
VIETNAM – VAN ‘N STORMAGTIGE VERLEDE TOT ‘N VOORUITSTREWENDE LAND IN SUIDOOS-ASIË
‘n Reis na enige van die Suidoos-Asiatiese lande is altyd ‘n onvergeetlike ervaring en propvol verrassings. In die geval van Viëtnam word ‘n mens met aankoms deur die warmte, hartlikheid en medemenslikheid deur sy 100 miljoen inwoners omarm.…
-
DIE ADDO SE ROOIDAM. DIE HAPOOR-DAM SONDER DIE COWBOYS EN HULLE TROKKIES
As daar nou een plek in Suid-Afrika is waar mens met sekerheid kan sê jy olifante gaan sien, is dit die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap. As jy in die park nie ‘n olifant sien nie dan moet jy…
-
PRAAG SE AMPER-VERSTEEKTE BESIENSWAARDIGHEDE
Elke jaar besoek miljoene mense (7.44 miljoen in 2024 volgens bronne) Praag, die hoofstad van die Tsjeggiese Republiek. Soveel toeriste besoek Praag dat daar al gepraat word van massa-toerisme en dat die regering moet begin ingryp soos wat…
-
DIE SLAG VAN SINGAPOER TYDENS DIE TWEEDE WêRELDOORLOG
Oorloë is wreed, genadeloos, sinneloos, met verwoestende nagevolge en blywende rou letsels op die bevolking. In die geval van Singapoer wat na die Tweede Wêreldoorlog uit die as uit opgestaan het en wat na byna 80 jaar as…
-
SINGAPOER, ‘ N ULTRA MODERNE LAND
‘n Reis na Suidoos-Asië is altyd vol verrassings. Op hierdie reis besoek ek Singapoer, Viëtnam en Kambodja. Dit is ‘n ervaring waar jy deur die andersheid en prag van die omgewing oorrompel en bekoor word. Die mengelmoes van…
-
OM DIE GROOTVOETE TE ROEP
Binne minute nadat sy aanbieding begin, maak Franco Schoeman dit tong in die kies duidelik, hy is ‘n musikant wat ‘n “wannabe” natuurbewaarder is. Wat hy nie dadelik byvoeg nie, is dat sy musiekstudies met infraklank nie net…
-
WANNEER BERLYN SE TOERISTE VIR JOU TE VEEL RAAK
Daar word genoeg oor Berlyn, sy geskiedenis en die top 20 plekke wat jy moet besoek in Berlyn geskryf. En as jy moeg gelees is aan die top 20 plekke dan kan jy video’s daaroor gaan kyk, of…
-
‘N ROETE VOL GESKIEDENIS, FORTE, MONUMENTE, BERGPASSE EN AVONTURE TOT IN DIE GRAMMADOELAS
RONDRITS KOORS Die rondrits koors het my onlangs beetgepak toe ek instinktief besluit het om ‘n vinnige wegbreek uitstappie na die skone lower groenblou berge van die Oos-Kaapse aan te pak. My roete het nogal baie interessante en…
-
WITSAND IN DIE KALAHARI: WAAR DIE STILTE VERBREEK WORD DEUR DIE GEBRUL VAN SAND
Wanneer Augustus aanbreek en almal in Gauteng skielik blomme wil gaan kyk in Namakwaland en jy so bietjie opsien teen die N14 wat vir ewig en so ‘n halwe dag aanhou tot jy Springbok bereik, stop vir ‘n…
-
GEURE, KLEURE EN VERKEERSKNOPE IN DIE MIDDEL VAN DIE HEELAL
Dit is nie aldag dat verkeersknope in Bathurst, daardie dorpie wat deur sy inwoners gereken word as die middelpunt van die heelal te wees, voor kom nie. Veral nie oor naweke nie. Maar rondom die naweek van 9…
-
TOER MET VERWONDERING DEUR DIE BAVIAANSRIVIER VALLEI – “DIE BEDFORD BAVIAANS” EN DRAF DIE KATBERGPAS KAF
Dikwels, sommer sò op die ingewing van die oomblik, besluit jy om net vir die liefde daarvan die wye wêreld in te vaar. Dit alles net om nuwe avonture te ervaar. Die inherente brandende “wanderlust” in jou vat…
-
SOU KERKE MICHELIN-STERRE KRY……
In 1900 het die Michelin-broers ietwat van ‘n probleem gehad. Motors was ‘n nuutjie en min het verkoop met die gevolg dat min Michelin-bande ook verkoop het. Om meer bande te verkoop moes meer mense motors koop en…
-
‘N STUKKIE MOERDIJK OP ‘N KOPPIE ALLEEN
Op 4 Maart 1890 is Gerard Leendert Pieter Moerdijk op die plaas Zwaershoek in die Nylstroom-distrik in vandag se Limpopo Provinsie gebore. ‘n Man wat later jare groot en belangrike spore sou los in die argitektuur van Suid-Afrika.…
-
DIE WILDER MELKPLAASPAD VAN ALEXANDRIA
Wanneer jou toerwa se enjin goed opgewarm is na die Melkplaasroete wat Charl so treffend beskryf het ( https://www.gopse.co.za/2024/03/21/kuspad-deur-melkplase/ ), en jy het by die Lunchbox op Alexandria gestop vir ‘n koue koeldrank en tuisgemaakte pastei is jy…
-
JUWELE IN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE: RHODES, NAUDESNEKPAS EN BARKLYPAS
Die aanjaag van ‘n trop skape is ‘n algemene gesig op paaie in die Oos-Kaapse Hooglande.Wees geduldig, versigtig en heelaas vriendelik met die werkers wat met groot sorg na boere in die gebied se skape omsien. Die bergkoninkryk…
-
‘N VERGETE TREINSTASIE EN ERVARINGSVOLLE GRONDPAD
Die bekoring en nostalgie om per trein deur ons land met sy wegslaan natuurskoon te toer, bly nou maar eenmaal ‘n belewenis en ervaring om van te droom. Dit is dan ook nie vreemd dat vele sangers hierdie…
-
OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK
Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier…
-
MONUMENTE VIR HELDE EN VIR FRITZ DIE WAGHOND
Aan die buitewyke van Port Alfred op die R67 na Bathurst is die Port Alfred Aerodrome wat ook die tuiste van 43 Lugskool is. Wat aanvanklik in 1940 as ‘n opleidingseenheid vir die Suid Afrikaanse Lugmag en die…
-
WANNEER TUINE GEDEEL WORD
Elke jaar, teen die einde van Oktober en begin November, vind daar in die skilderagtige Oos-Kaapse dorpie, Bedford, ‘n fees van blomme plaas wanneer die hekke van spogtuine vir die publiek oopgegooi word sodat besoekers die blomme en…
-
‘N HUTSPOT VAN KULTURE
Wanneer die drenteltoer of die Engelse roadtrip tussen Oos Londen en Port Elizabeth te lank begin raak, is daar ‘n hutspot van kultuur en geskiedenis so in die middel van die twee stede – Port Alfred.
-
PORT ALFRED SE GROOT VISRIVIER LIGTORING
‘n Katspoeg noord buite Port Alfred, naby die monding van die Visrivier, staan die Groot Visrivier ligtoring. ‘n Historiese en skilderagtige landmerk wat sedert 1898 seevaarders beskerm teen die verraderlike oos-kus van Suid Afrika. Hoewel goedkeuring vir die…
Ontmoet Die Span
Die Span
Gopse 1
Charl
Die voorreg om ongehinderd en met geen verantwoordelikheid teenoor enig iemand anders, behalwe as aan jouself, ons mooi land en die wêreld te kan deurkruis, is vir min mense beskore. Dit is met groot dankbaarheid dat ek die voorreg in my joernalistieke loopbaan van sowat 13 jaar, en toe ook tydens ‘n loopbaan van nagenoeg 30 jaar in die weermag, spreekwoordelik ons land van hoek tot kant te kon deurkruis, en ook, op die koop toe, meer as 40 oorsese lande te kon besoek.
Na aftrede is die reislus vir Charl en wederhelf, Rika, nog geensins geblus nie, en duur die avontuur om te verken onverpoos voort. Vanaf Kleinemonde, ‘n wegsteek kusgehuggie geleë net buite Port Alfred onderweg na Oos-Londen, kan hulle die Oos-Kaap en die res van ons land met groot gemak verken. Dit is juis die Oos-Kaap met sy misterie, diverse natuurskoon, en matelose agterpaaie, wat hierdie Gops dryf om die grammadoelas te verken en te ontdek.
Die oogmerk is om deur skrywe, ‘n anderste uitkyk na ervarings te weer te gee en sal beleweneses met die nodige diepte en gevoel oorgedra word dat dit die leser sal aanspoor om wyer verkennings en avonture te onderneem.
Gopse 2
Louis
Na bykans 30 jaar as ‘n kommunikasiespesialis in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ek besluit om die lewe ‘n bietjie rustiger aan te pak en weer vir ‘n slag in Afrikaans te skryf oor mense, dinge en vêr paaie waarin ek belangstel. My basis is die gehuggie van Bathurst in die Oos-Kaap, wat soos die Bathurst-mense reken, in die middel van die heelal is. As die een helfte van Gopse & Grammadoela Avonture hoop ek dat ons avonture mense lus maak om vêr paaie te ry en veral ‘n draai in die Oos-Kaap te maak waar die Groot-5 plase ingeryg sit en die strande skoon, stil en oop is. Ek is met Marti getroud wat my liefde deel vir vreemde plekke, mense en vêr paaie. Ons het twee honde wat die kar en ons huis vol maak.