Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan vinning in ‘n nagmerrie ontaard met pynlike, katestrofiese en noodlottige gevolge.
Suid-Afrika is jare gelede internasionaal bemark as ‘n “Wêreld in een land” vanweë sy diverse natuurskoon, en ryk kultuur. Om hierdie “Wêreld in een land” ervaring vir jouself te wil beleef, moet jy jou skoene uitskop en ‘n avonturieër word. Jou voertuig moet gepak wees en regstaan om jou na bekende, maar ook veral na minder bekende bestemmings in ons land te neem. Wees waagmoedig en pak die bul by die horings en vaar die wye wêreld in en verken die skoonheid van ons land. Jy sal beslis nie sommer weer daar aan dink om te wil emigreer nie.
Met nagenoeg 140 erkende bergpasse in die Oos-Kaap (dit kan meer of dit kan minder wees) is Joubertspas in die hart van die Oos-Kaapse Hooglande op ‘n hoogte van 2236m, op vier na, die hoogste bergpas in Suid-Afrika. Daar is nie minder as 18 bergpasse in die Oos-Kaapse Hooglande terwyl die legendariese Engelse ingenieur, Joseph Newey ook vyf indrukwekkende brûe gebou het.
Joubertspas is geleë aan die mees suidelike kant van die Drakensberg – die Witteberg, en is binne die grense van die Senqu Munisipale distrik geleë. Die ander drie passe in die distrik wat hoër as Joubertspas is, is Naudesnekpas op 2590m, Carlishoekspruitpas op 2517m en Volenteershoekpas op 2381m bo seespieël. Kort op die hakke van Joubertspas volg Bastervoetslaanpas op 2235m, Lundeansnekpas op 2165m, Otto Du Plesspas op 2114m en Barklypas op 2020m.
Joubertspas is gewis nie daar om sommer af te rammel nie. O nee, jy het baie tyd nodig Sò tussen 4 en 6 uur nagelang hoeveel keer jy stop om fotos te neem, bene te rek, die senuwees kans te gee om rustig te kalmeer, en dan laaste maar nie die minste, net om dié ongelooflike pragtige omgewing in te adem.
Die verrassings op hierdie pas is legio. Met die afdraai van die R58 begin jy om deur verskeie plase ry. Die weiveld staan groen en die vee geniet die sappige grasvlaktes. Oral is kristal helder bergstroompies te siene en driwwe wat sterk vloei. Dit dring jou onwillekeuring binne hoe belangrik dit is om die omgewing die regte tyd van die jaar te besoek. Dit is sneeu wêreld hierdie! Maak seker jy het al die nodige maatreëls getref om die gebied probleem vry te besoek in wintertyd. In die reëntyd kan die pas in ‘n nagmerrie ontaard en kan dan uiters gevaarlik wees. Vermy dan liefs ‘n reis daarheen.
‘n Interessantheid op die pas is die aantal name met verwysings na moontlike insidente of gebeure. Hier is enkele interessante verwysings op die pas: “Kar wegspoeldrif”, “Kar sumpdrif”, “Jan se afgrond” en“Elna se hop-hop”. Dan is daarook “Perskedraai”, ‘n verwysing na die perskeboom wat langs die pad groei en “Windpunt”, ‘n aanduiding van die sterk winde wat van tyd tot tyd hier ervaar word. By “Die Nek” wat op die kruin van die pas is, kan jy aftrek, bene rek, en ‘n koffie drink om jou reis oorwinning te vier. Maar wees versigtig en moenie jou fokus verloor nie. Daar lê nog n lang tog afwaarts met verskeie uitdagings en dit maak nie saak of dit van Barkly-Oos se kant of Lady Grey se kant is nie, dit bly ‘n uitdaging.
‘n Gedenksteen is by “Die Nek” opgerig ter nagedagtenis aan die vyf Jouberts: Gideon (senior), Daniel Francois, Christian de Wet, Gideon (junior) en Johannes Marthinus Joubert, asook George Friedrich Stephenson en Cornelius Willem Cloete. Die voorletters MP onderaan die steen verwys na Moos Pieterse wie verantwoordelik was vir die grafering op verskeie gedenkstene in die plaaslike begraafplaas op Lady Grey.
Roete en afstand
- Die afdraai na Joubertspas is goed sigbaar op die R58 vanaf Barkly-Oos na Lady Grey. Die roete ongeveer 51km lank en dit dan jou ‘n goeie 4 uur of meer neem om dit af te lê ‘
Raad en advies:
- Jou viertrekvoertuig moet in ‘n goeie toestand wees en jy moet ook oor al die nodige herwinningsuitrusting beskik.
- Maak seker jou voertuig se banddruk is reg om ‘n gerieflike rit te ervaar.
- Dit is raadsaam om in ‘n groep van minsten twee voertuie te ry. Jy kan die rit alleen aandurf mits jy ‘n bekwame en ervare 4X4 bestuurder is.
- Doen navraag by die plaaslike inwoners of boere in die omgewing oor die toestand van die pad.
- Maak seker watter tyd van die jaar dit die beste sal wees om die omgewing te besoek.
- Hou jou kamera en verkyker byderhand om al die mooi op beeld vas te lê.
Wat om te doen:
- Verken die dorpies Lady Grey en Barkly-Oos. Dit is raadsaam om in een van die dorpe te oornag of selfs by een van die omliggende gasteplase. Geniet ook heerlike etes by die vele eetplekke op jou reis.
- Besoek:
- Die Lady Grey dam.
- Die Lammergeier Highland Reserve.
- Die omgewing is bekend vir veral vlieghengel.
- Besoek die dorpe se onderskeie webblaaie om te sien watter aktiwiteite daar alles is om te doen.
Bronne:
- South Africa’s favourite Passes&Poorts, Marion Whitehead, First edition publish in 2018 by MapStudio South Africa.
- Maloti Drakensberg Route: www.malotidrakensbergroute.co.za
- Brochure: Mountain Passes of the Eastern Cape Highlands: the Wild Side of the Drakensberg: www.echighlands.co.za
- mountainpassessouthafrica.co.za
- https//www.ladygrey.co.za
- https//www.eastern-cape-info.co.za>province>town
https//www.places.co.za>barkly-east – touris