‘N ROETE VOL GESKIEDENIS, FORTE, MONUMENTE, BERGPASSE EN AVONTURE TOT IN DIE GRAMMADOELAS

RONDRITS KOORS

Die rondrits koors het my onlangs beetgepak toe ek instinktief besluit het om ‘n vinnige wegbreek uitstappie na die skone lower groenblou berge van die Oos-Kaapse aan te pak.  My roete het nogal baie interessante en geskiedkundige monumente asook pragtige natuureservate opgelewer. Dié daglange rit het nietemin ook interessante oomblikke opgelewer. Een daarvan was in die pragtige Mpofu natuurreservaat waar ons ‘n span wildbewaarders aangetref het, besig met wildtellings in n helikopter. Dié park is baie gewild onder jagters en die wildtelling proses maak deeluit van die Oos-Kaapse Provinsiale Parke en Toerisme Agentskap se bewaringsprogram om gereeld wildtellings in hul natuurreservate te doen om die stand van die veld asook die getalle van die verskillende wild te bepaal.

ROETE

Die roete het my deur verskeie interessante dorpe geneem wat jy gerus kan besoek. Hulle is Port Alfred, Bathurst, Grahamstad (Makhanda), Fort Beaufort (KwaMaqoma), Blinkwater, Mpofu, Pos Retief en Adelaide (iKhobonqaba). Kliek gerus op die webblaaie hiernaas of raadpleeg “Google maps” of jou padkaart om die roete te sien.

https://maps.app.goo.gl/6a5QTWwxkin5pyVA9

https://maps.app.goo.gl/VjtZpoLsJfpMkDR6A

BERGPASSE

Op hierdie roete het ek oor die Blou Kranspas tussen Bathurst en Makhanda gery. Tussen Makhanda en Fort Beaufort ry ek oor die Eccapas en onderweg na Mpofu natuurreservaat ry ek oor die Blinkwaterpas. Vir meer inligting oor hierdie drie intessante passe en ook die ander in die omliggende omgewing, kliek gerus op die volgende webblad vir meer inligting. https://www.mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/eastern-cape.html.

KERKE

Wanneer jy deur Adelaide ry, stop gerus by die imposante NG Kerk om ‘n foto of twee te neem. Jy sal nie spyt wees nie. Dié  kerk het ‘n ryk geskiedenis. Om meer daaroor te lees, kliek op die webblad: https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Adelaide Die boustyl van die kerk is iets besonders (Foto deur Morné van Rooyen) Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Britse militêre gesag ‘n kanon op die byna 30 m hoë toring staangemaak. Die Britte het indertyd die kerk onder hulle beheer gehad .Kliek ook op: https://www.raymondmhlaba.gov.za/tourism/fort_beaufort as jy ook meer oor die interessanthede van Fort Beaufort wil weet.

Die St John’s Evangelist Church Winterberg (fotos hier onder) op Pos Retief is net so interessant. Stop gerus en neem ‘n foto.

NATUURRESERVATE

Die Oos-Kaap beskik oor nie minder as 17 pragtige provinsiale natuurreservate. Hierdie natuurreservate is in drie verskillende kategorieë ingedeel. Een groep is volgens hul biodivesiteit en erfnis status ingedeel. Die ander kategorie is volgens die besondere wildbestuurprogram wat gevolg word en vir ontspanningsdoeleindes beskikbaar is.  Die laaste kategorie is volgens marine- en kusbewaringbelang gegroepeer. Op hierdie roete, en net buite Bathurst, kan jy gerus by Waters Meeting natuurreservaat inry vir ‘n fotostop. Die uitkykpunt by “Horseshoe Bend” bied ‘n pragtige uitsig op die Kowierivier. Besoek ook die Thomas Bain natuurreservaat net buite Makhanda en ook Mpofu- en Fort Fordyce natuurreservate. Die webblad hiernaas bied omvattende inligting oor al 17 die natuurreservate.

https://visiteasterncape.co.za/wp-content/uploads/2019/11/Destination-Guide-2016.pdf http://bookonline.ecpta.co.za/

FORTE

Fort Brown

Hierdie fort wat naby aan die Visrivierbrug tussen Makhanda en Fort Beaufort staan, is in 1835 opgerig, en was een van vele wat tydens die grensoorloë in die Oos-Kaap gebou is. Vandag is daar ‘n polisiestasie op die terrein. Jy sal ‘n welkome ontvangs van die polisielede aandiens kry wanneer jy beplan om die fort te verken en fotos te neem. Hulle sal jou ook vra om die fort se besoekersboek in te vul. Die volgende skakels sal jou meer oor hierdie mooi fort inlig. http://www.makana.gov.za/fort-brown/https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=62

Fort Fordyce

Hierdie fort is van historiese belang deurdat die Xhosa volk tydens die grensoorloë hier een van hul grootste oorwinnings op die slagveld behaal het. Vandag is die Fort Fordyce natuurreservaat een van die Oos-Kaapprovinsie se gewilde toeristebestemmings. As jy meer oor die geskiedenis van hierdie fort en die konflik wat daar plaasgevind het wil lees, kliek dan gerus op die volgende webwerwe:  https://www.facebook.com/virtual.eggsa/posts/fort-fordyce-a-place-with-a-violent-history-but-also-a-place-of-tranquillity-and/1628052000687848/ http://samilitaryhistory.org/vol134ds.html

Martello toring,

Hierdie interessante toring op Fort Beaufort waarvan daar net twee in Suid-Afrika opgerig is, is egter die enigste een ter wêreld wat in die binneland geleë is. Hierdie torings is regoor die wêreld langs die kusgebiede te vinde. Dit was veral tydens Britse  en Napoleontiese oorloë opgerig. Die ander soortgelyke toring in Suid-Afrika, staan in Simonstad.

Die skakels hiernaas sal jou meer van die Martello toring in Fort Beaufort vertel.

https://www.sahistory.org.za/place/fort-beaufort-amatola-district-eastern-cape

https://somethingovertea.wordpress.com/2017/03/05/martello-tower/https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=8550 https://en.wikipedia.org/wiki/Fort_Beaufort

Militêre museum

Die volgende skakels verskaf inligting oor die museum:

https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=62

https:/southafrica.co.za/fort-beaufort-historical-attractions.html

https://www.ajol.info/index.php/smsajms/article/viewhttps://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=8550/83730/73746

https://fortbeaufortmuseum.co.za/page-4.html

Pos Retief

Hierdie buitepos is in 1836 gebou en vernoem na die Voortrekkerleier, Piet Retief. Hy het ‘n plaas in die omgewing gehad waar hy vir net meer as twee jaar lank geboer het voordat hy saam op die Voortrekkertrek gegaan het. Vir die Britse leër was dié pos tydens die 8ste Grensoorlog in 1850, van groot belang.  Vandag staan nog net die oorblyfsels van die buite steenmure van die pos, asook enkele ander vervalle geboue soos onder andere die offisiers-menasie en perdestalle. Oorblyfstels van Piet Retief se huis wat tot ‘n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, is daarnaby geleë.

Die skakels hiernaas werp meer lig oor die geskiedenis van Pos Retief.

http://samilitaryhistory.org/jnl2/vol186rt.html

https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=8826

http://samilitaryhistory.org/jnl2/vol186rt.html

https://m.facebook.com/media/set/?set=a.481750631921028.1073741832.252220228207404&type=3

Piet Retief se huis

https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes.php?bldgid=12889

MONSTER

Blinkwater monster

Die ontdekking van ‘n  fossiel, afkomstig van die spesie, Pareiasaurus serridens, het aan  die legendariese Andrew Geddes Bain internasionale bekendheid besorg. Die reptiel is dadelik die naam “Blinkwater Monster” toegeken omdat dit naby Blinkwater tydens padboukonstruksiewerk opgegrawe is. Vandag kan jy die oorspronklike fossiel in ‘n museum in Engeland (onbekend waar) besigtig, terwyl ‘n replika daarvan, in die Albany-museum in Makhanda te siene is. Meer inligting oor hierdie fonds, kan in die skakels hiernaas verkry word. https://www.google.com/search?q=blinkwater+monster+photo&sourceid=chrome&ie=UTF-8 https://www.facebook.com/postretief/posts/the-blinkwater-monster-another-legend-from-our-area/1435814273181321/

MONUMENTE

Bain monument

Hierdie interessante monument is op die R67 tussen Makhanda en Fort Beaufort geleë en word baie duidelik aangedui. Hou gerus hier stil om ‘n paar fotos te neem. Andrew Geddes Bain (1797 – 1864) was ‘n bobaas-padbouer en pionier op die gebied van geologie in Suid-Afrika. Na sy aankoms in Suid-Afrika in 1820, vestig hy hom as ‘n leerlooier en saalmaker te Graaff-Reinet. Hy begin in 1826 met ‘n reeks ontdekkingstogte in die rigting van Kuruman en Betsjoeanaland waartydens hy reeds belangstelling in die geologie, veral fossiele, toon. Hoewel ’n leek, het hy die eerste geologiese kaart van Suid-Afrika opgestel en vir sy geologiese navorsing oorsee bekendheid verwerf.

Sonder enige ingenieursopleiding het hy hom op veertigjarige ouderdom op padbou toegelê. Hy was verantwoordelik vir die aanlê van verskeie militêre paaie langs die oosgrens, onder meer Queen’s Road, en die bou van Michellspas, Katbergpas, Oudebergpas en Bainskloofpas. Laasgenoemde was ’n wonder van ingenieursvernuf wat vir hom wêreldfaam verwerf het.

Sy geskrifte was van die grootste belang, en verskeie oerdiere is na hom vernoem. Die ontdekking van die “Blinkwater monster” tel onder die bekendste. Sy gevierde liedjie Kaatjie Kekkelbek het spreekwoordelik in Suid-Afrika geword.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

https://www.sahistory.org.za/place/ag-bain-monument-grahamstown

Eerwaarde Josesph Williams

Hierdie merkwaardige Skotse leraar het ‘n belangrike rol gespeel om die spanning tussen bevolkinggroepe in die omgewing van Baddasford en Fort Beaufort te bewaar terwyl hy terselfdetyd ook opheffingswerk van ontskatbare waarde onder plaaslike inwoners verrig het. Kliek op die skakel hier onder om meer oor eerwaarde Williams se merkwaardige diens onder die Xhosa gemeenskap te wete te kom.

https://www.researchgate.net/publication/333401056_Joseph_Williams_and_pioneer_missionary_frustration

https://www.facebook.com/virtual.eggsa/posts/reverend-joseph-williams-missionarya-series-of-stories-about-fort-beaufort-and-s/1489900161169700

ONTSPAN

En helaas, moenie vergeet om by die Baddasford padsstal aan te doen nie.  Na jou lang reis sal dit jou loon om stil te hou en om bene te rek. Hier vind jy ook die heerlikste tuisgemaakte pasteie, vars plaasprodukte, n kwekery asook talle ander heerlike soet versnapperinge.

https://www.facebook.com/Baddafordfarmstall1