

My reislus neem my hierdie keer op ‘n nuwe avontuur na die pragtige Suidoos-Asiatiese land, Kambodja. Ongelukkig was my tyd baie beperk en net met twee dae tot my beskikking om die land te besoek, is ek tot die stad, Siem Riep, met sy besonderse kultuurskat, Angkor Wat, beperk. Om na verre afgeleë lande te reis om nuwe eksotiese avonture te ervaar bly nou maar eenmaal ‘n besonderse voorreg. Wanneer dit kom by een só ‘n toeristebestemming waar die skoonheid van die natuur kombineer met ‘n ryk kultuur en daarby ‘n storie-geskiedenis het om te vertel, kom baie min plekke naby aan Kambodja. Kambodja is ‘n land wat bekend is vir sy ryk geskiedenis wat spruit uit kulture soos Hindoeïsme, Boeddhisme en die Christendom. Die land se ryk geskiedenis strek oor ‘n tydperk van meer as 2 000 jaar en word gekenmerk deur periodes van vrede, maar terselfdertyd ook tye van ongekende ellende en rampspoed.
Dit is altyd beter om meer van ’n land en sy mense op te lees voordat jy daarheen gaan. Om ‘n bietjie in die geskiedenis te gaan rondkrap en meer oor die betrokke land uit te vind, het altyd die gewenste uitwerking. Bemagtig met waardevolle kennis oor die betrokke land kan jy jou reis met ‘n oopgemoed aandruf en geniet.
Wat my besoek aan Kambodja betref, en goed toegerus met die nodige kennis oor die land, was ek gereed om die eksotiese kultuurskatte van die land te verken. My reisprogram het my net twee dae toegelaat om die besienswaardighede in Siem Riep te ervaar. Ek sou graag ook die hoofstad Phnom Penh wou besoek, maar Kambodja se ikoniese en belangrikste kultuurskatte is in Siem Riep te siene.
Dit is interessant om te weet dat volgens argeologiese data Kambodja sover terug as 40 000 jaar gelede bewoon was. Sjinese en Indiese invloede het n belangrike rol gespeel in die vestiging van Hindoeïsme en Boeddhisme in Kambodja. Vandag nog, is hierdie gelowe en kulture diep in die samelewing gewortel.

Die koninkryk van Angkor, kolonialisme en die verwoestende Khmer Rouge bewind, het die karakter wat Kambodja en sy mense vandag is, gevorm. Hedendaagse Kambodja is ‘n vreedsame land waar almal skouer aan die wiel sit om die land op ‘n weg na welvaar te plaas . Sy jong bevolking het haas met bo-menslike krag uit die as van verwoestig en lyding uit opgestaan en die land op ‘n weg van ontwikkeling en welvaart geplaas. Dit was egter nie altyd so maklik nie en met my besoek in 2024 aan die land, was die skade en seer nog duidelik sigbaar en aanvoelbaar.
In die laat 8ste eeu keer ‘n Khmer prins uit ballingskap in Java terug na Kambodja, en vestig ‘n koninkryk in die noordelike deel van land. Hy verklaar die streek tot ‘n monarg bekend as Angkor en met Yasodharapura as die hoofstad. Jayavarman ll vestig ‘n dinastie, maar ongelukkig teen die 16de eeu was Ankor reeds verlate. Angkor was in sy glorieryke tydperk ‘n welvarende streek met meer as ‘n duisend inwoners, waarvan die meeste in die landbousektor bedrywig was.
Teen die middel van die 19de eeu breek konflik tussen die koninkryke van Vietnam en Thailand uit. Dié konflik spoel na Kambodja oor en uitvrees dat die land deur Thailand oorgeneem sou word, vra die koning van Kambodja die regering van Frankryk om sy koninkryk te beskerm. Hierdie beskerming ontwikkel binne ‘n oogwink in ‘n volskaalse koloniale verhouding tussen die twee lande. Dié gebeure het die koning egter nie voorsien nie en word Kambodja tot en met onafhaklikheid in 1853 as ‘n koloniale gebied deur Frankryk beheer.
Die lewe in Kambodja was heel anders as dié in sy buurland, Viëtnam. Waar die Franse regering Viëtnam met ‘n ysterhand regeer en feitlik gereunieër het, is die Khmer elite in Kambodja goed behandel en beleide wat deur Frankryk ingestel is, sou ‘n positiewe impak op die land en sy mense hê. Infrastruktuur is verbeter en die land se ekonomie het drasties verbeter. Die grootste bydrae wat Frankryk in die land gemaak het, was die restourering van die tempels by Yasodharanpura.
Kambodja ervaar na sy onafhanklikheid ’n kortstondige tydperk van vrede en vooruitgang, maar word in die laat 1960’s in die Vietnam oorlog betrek. In 1975 neem die Kommunistiese Khmer Rouge rebelle, beheer oor Kambodja. Tydens die Khmer Rouge bewind sterf meer as 2 milljoen Kambodjane weens ondervoeding, terregstellings en onbehandelde siektes. Oorblyfsels van die verwoesting is plek-plek vandag nog duidelik sigbaar. Hiervan getuig die talle streke wat vandag nog met lewensbedreigende landmyne besaai is en daaglikse mense lewens opeis en infrastruktuur verwoes.
‘n Vredesverdrag is in 1991 in Parys Frankryk onderteken en Kambodja word onder die beskerming van die Verenigde Nasies geplaas. Kambodja word sedert die nasionale verkiesing in 1993, deur ‘n konstitusionele monarg met ‘n koalisie regering regeer. Tans is Kambodja ‘n volwaardige lidland van die Suidoos-Asiatiese gemeenskap. Die huidige koning, Norodon Sihamon, het die troon in 2004 bestyg na sy vader, koning Norodon Sihanouk, geabdikteer het.
Kliek gerus op die skakels hier onder as jy meer oor Kambodja wil weet:
https://en.wikipedia.org/wiki/Cambodia
https://whc.unesco.org/en/statesparties/kh
https://www.britannica.com/place/Cambodia
ANGKOR WAT: HART EN SIEL VAN KAMBODJA
Om die talryke unieke besienswaardighede in Kambodja te ervaar het ‘n mens tyd nodig, wat ongelukkig nie altyd moontlik is nie. Dus moet jy jou voorkeure priotiseer en besoeke daarvolgens beplan. Eerste op my lysie van kultuurskatte om te besoek was die wêreldbekende Angkor Wat. Hierdie ikoniese besienswaardigheid word as die grootste godsdienstige tempelkompleks ter wêreld bestempel. Dit is dan ook nie ongewoon dat dit verreweg Kambodja se gewildste toeristebesienswaardigheid is nie. Dié Hindoe-Boeddha tempelkompleks geleë in die antieke hoofstad van Angkor( nou Siem Reap) en ook geklassifiseer as ‘n UNESCO Wêreld Erfnis Terrein, word as die 8ste wonder van die wêreld beskou. Die kompleks beslaan ‘n gebied van 162.6 hektaar. Dit is oorspronklik in 1150vC as ‘n Hindoe tempel gebou ter ere aan die geestelike leier Vishnu. Die kompleks versinnebeeld die vindingrykheid van Khmer argitektuur met sy perfekte ineenvervlegdheid van godsdienstige simbole en beeldweredighede. Die kompleks is die hart en siel van Kambodja en is ‘n bron van ongekende nasionale trots. Hiervan getuig ook die voorkoms van die kompleks op die landsvlag. Bykans elke sentimeter van die kompleks is oortrek met ingewikkelde uitkerwings en motiewe. Sowat 70 tempels word in die kompleks aangetref, met Bayon Tempel met sy talle uitgekerfde gesigte van die Boeddha geestelike Avalokiteshvara. Dan is daar natuurlik ook Ta Prohm waar die gewilde Hollywood film “Tomb Raider” verfilm is. Die spookagtige boomfigure vertel elk sy eie storie en suig ‘n mens letterlik in en voer jou terug na die eeu oue verlede. Dan natuurlik is daar die meer as 2000 hemelse engele, die apsaras, hemele nimpfe wat op die mure uitgegraveer is met sowat 37 verskillende haarstyle.



Maar dit is eers wanneer jy dié misterieuse kompleks betree dat ‘n magiese onder aardse stilte ‘n mens met ‘n gevoel van kalmte en rustigheid oorval. Jy betree nou heilige grond wat meer as ‘n duisend jaar oud is. Saam met die duisende toeriste om jou vergaap ‘n mens jou aan die swart, verouderde en en plek-plek opgefrommelde bouwerk van wat eens ‘n enorme stadstruktuur was met talle tempels daar in. Oral lê groot boublokke rond met die verwering aan murasies wat staan, duidelik sigbaar. Die dig bebosde gebied het plek-plek sy tol geëis met bome en plantegroei wat groot dele van strukture verberg.



Die volgende skakels vertel jou meer oor Angkor Wat.
https://whc.unesco.org/en/list/668
https://en.wikipedia.org/wiki/Angkor_Wat
https://www.lonelyplanet.com/articles/cambodia-famous-temple-angkor-wat-info
https://www.britannica.com/topic/Angkor-Wat
BAYON TEMPEL
Bayon Tempel is ‘n Boedha tempel wat in die 12de eeu deur koning Jayavarman Vll gebou is. By aanskouing van hierdie skouspelagtige tempel met sy 54 Gotiese torings en 216 kolossale glimlaggende gesigte van Avalokiteshvara ook bekend as Jayavarman Vll, staan’n mens verstom en in verwondering voor die komplekse argitektoniese ontwerpe wat ‘n mengelmoes van gelowe en kulture simboliseer. Die Bayon is versier met ‘n 1,2km lange bas-reliëf met meer as 11,000 figure daarop wat die daaglikse leefwyse van 12de eeuse Kambodja illustreer. Dié tempel is sowat ‘n 100 jaar na Angkor Wat gebou.



As jy meer oor Bayon Tempel wil weet, hier is enkele interessante skakels:
https://www.britannica.com/topic/Angkor-Watg
https://en.wikipedia.org/wiki/Bayon
https://www.lonelyplanet.com/cambodia/angkor-thom/attractions/bayon/a/poi-sig/500534/1318768
ANGKOR THOM



Om Angkor Thom te verken en deur murasies, geboue, en om nie van die spookagtige bome te praat nie, is nogal ’n grillerige affêre. ‘n Onheilspellende atmosfeer hang dik in die lug en koue rilling rol langs jou ruggraat af met sweet druppels wat op jou voorkop uitbars en sweetende handpalms wat op die reëlings van die trappe afgly sonder ‘n stewig greep. ‘n Mens moet Angkor Thom soos ‘n verkleurmannetjie verken. Treetjie vir treetjie. Om elke hoek wag daar ‘n verrassing in die vorm van ‘n boom met ‘n wortelstels wat nie in woorde beskryf kan word nie.



Angkor Thom was die hoogtepunt van sy bestaan ‘n welvarende gefortifiseerde stad wat in die 13de eeu ontwikkel is. Die stad het sowat 72 groot tempels en ander geboue daarin waar onder Bayon die bekendste is. Op die terrein is die oorblyfsels van etlike honderde kleiner tempels verspei. Die stad strek oor ‘n gebied van nagenoeg 10 vk km en was die laaste groot stad van die Khmer empire. Volgens navorsing het die stad op sy bedrywigste sowat een miljoen omliggende inwoners ondersteun. Angkor Thom wat “Groot Stad” beteken, is beskerm deur ‘n 8m hoë muur wat in lengte 12km lank was en 100m breed. Die stad het vyf hoofingange gehad. Een elk in die noorde en in die weste en suide elk een met twee in die oostelike ingang.
Kenmerkend van Angkor Thom is die talryke seekatagtige bome wat besig is om die stad te verswelg. Spookagtige tonele van bome wat deur strukture bars ontvou om elke hoek en draai. Van hierdie vye-, kapok-, en gespruite bome met hul kenmerkede voorkoms is meer as ‘n duisend jaar oud.



Vir meer inligting kliek op die volgende skakels:
https://tourismcambodia.org/provinces/search/detail/246/angkor-thom-temple
https://whc.unesco.org/en/list/668
https://www.indochinatravel.com/country/cambodia/angkor-thom.html
https://travelthruhistory.com/timeless-temples-and-trees-of-angkor/ https://www.ncpedia.org/media/tangled-roots-tree-grow-over
TONLÉ SAPMEER



Hierdie is die grootste varswater meer in Suidoos-Asië en ‘n bootrit daarop om te sien hoe die tradisionele mense van Kambodja leef, is voorwaarlik iets besonders. In die Khmer-taal, beteken Tonlé Sap groot rivier” (tonlé), “vars”, “nie sout” (sap) wat dan vrylik vertaal word as “groot meer”. Dit word ook beskou as een van die binnelandse mere met rykste visbronne in die wêreld. Die meer word deur die Tonlé Saprivier met die Mekongrivier verbind. Tydens die reënseisoen stroom water die meer binne wat dit beduidend laat vergroot.

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Tonl%C3%A9_Sap



Dit is interessant om te weet dat Tonlé Sap-meer ’n biosfeerreservaat is wat deur UNESCO beskerm word en is die tuiste van nagenoeg 200 verskillende visspesies. ‘n Die Tonlé Sap is veral uniek vir sy verskillende fases in die loop van een jaar. Daar is drie sulke fases met wisselende reënseisoene. Argeologiese opgrawings het al vele artefakte opgelewer wat uit die verre antieke beskawing dateer. Hierdie ontdekkings dui daarop dat landboubedrywighede langs die vrugbare vleilande om die meer vir eeue reeds ’n belangrike rol gespeel om voedsel vir die inwoners van Kambodja te produseer. Vandag word die meer gesien as ‘n simbool van Kambodja se veerkragtigheid.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Tonl%C3%A9_Sap
Drie drywende dorpies op die meer waar duisende gesinne ‘n bestaan maak vertel die verhaal van een van die mees aanpasbare nedersettings ter wêreld. ‘n Bootvaart op die meer om te sien hoe die mense op die drywende huisies leef,is iets om te ervaar. ‘n Besoek aan die drywende dorpies bied nie net toeriste die geleentheid om die outentieke leefwyse van inwoners te ervaar nie, maar kan van die huise op uitnodiging aandoen om onder andere hul kookkuns en leefwyse te ervaar. ‘n Verskeidenheid voëlsoorte,soogdiere, reptiele en amfibieë, kom in en om die meer voor.



https://www.britannica.com/place/Tonle-Sap
https://en.wikipedia.org/wiki/Tonl%C3%A9_Sap_River
https://www.conservation.org/cambodia/projects/tonle-sap-lake
https://www.unesco.org/en/mab/tonle-sap
https://www.aquaexpeditions.com/blog/life-on-tonle-sap-lake
APSARAS
Maar wat is apsaras nou eintlik. In die Hindoe en Boeddha mitologie word apsaras beskryf as liefdevolle vroulike hemelwesens wat volgens die mitologie pragtige, grasieuse en vernuftige dansers en sangers was wie die gode in die hemel vermaak het. Die woord “apsara” is afkomstig uit die Sanskrit woord “apsaras” wat beteken “bewegende water”. Die apsaras was gesien as geestelike nimpfe, en was met skoonheid en grasie vervul. Hulle het hul talente as vernuftige en grasieuse dansers en sangers in die teenwoordigheid van die gode uitgeleef.



Duisende uitgravings van dansende apsaras kom in groot getalle op geboue en murasies in Angkor Wat voor. Dit kom ook in die algemeen voor op die mure van Hindoe stempels regoor die wêreld. In die Kambodjaanse kultuur simboliseer die dansende apsaras onder andere geestlikheid, vroulikheid en die verbindtenis tussen die mens en sy Skepper.



Lees gerus meer oor apsaras deur op die onderstande skakel te kliek:
https://en.wikipedia.org/wiki/Apsara
https://www.britannica.com/topic/apsara
https://www.wisdomlib.org/definition/apsaras
Charl het Kambodja in Oktober 2024 besoek en deel sy ervaring.