KAMBODJA – ’N LAND EENS GEKNEL DEUR VELE ONDERDRUKKING, MAAR NOU ‘N WȆRELDKLAS TOERISTEBESTEMMING
My reislus neem my hierdie keer op ‘n nuwe avontuur na die pragtige Suidoos-Asiatiese land, Kambodja. Ongelukkig was my tyd baie beperk en net met twee dae tot my beskikking om die land te besoek, is ek tot die stad, Siem Riep, met sy besonderse kultuurskat, Angkor Wat, beperk. Om na verre afgeleë lande te …